Af show

Mamma en Nina kyk na ‘n TV program oor Springbokke.  Mamma verduidelik vir Nina wat dit beteken as ‘n Springbok pronk.  Nina wil weet hoekom hulle dit doen.  Mamma sê dat die Springbok sommer af show.  Nina bly ‘n rukkie stil en vra dan waarom die Springbok wil af show as hulle almal in elk geval so hoog kan spring.

Wit maak skoon

Langebaan Maart13 199“Mamma, my gunsteling kleur is wit.  Weet mamma hoekom?”

“Nee, Nina, hoekom?”

“Want wit is Liewe Jesus se kleur.  En weet mamma hoekom hou ek nog van wit?”

“Nee, Nina, hoekom?”

“Want wit maak alles skoon.  As mens se hartjie swart is, maak Liewe Jesus se kleur dit wit.”

Die Bybel

“Mamma, weet jy, ‘n mens gebruik ‘n resep om ‘n koek te bak.  As jy nie doen wat die resep sê nie, dan gaan die koek flop.  Net so het God die Bybel gegee, sodat ons kan weet hoe om te lewe.  As ons nie lewe soos die Bybel sê nie, dan gaan ons lewe ook flop.”Buffelsbaai Nov 2012 211